Mattheus 19:14 " Maar Jesus sê: Laat die kindertjies staan en verhinder hulle nie om na My te kom nie; want aan sulkes behoort die koninkryk van die hemele." Kindertjies is vir Jesus belangrik en daarom is hulle vir ons ook belangrik. Ons het elke Sondagoggend om 9 uur Kinderkerk.Bring u kindjie na `n veilige plek waar daar van Jesus geleer word terwyl u ons kerkdiens geniet.


Shekinah het n groot passie vir ons volgende Generasie. Ons het elke Vrydagaand om 18h00 Jeugdienste. Onder leiding van die Heilige gees saam met Ps Fanie maak ons `n groot impak in jongmense se lewens. Ps Fanie 076 712 7096


Lofprysing en aanbidding is een van die maniere om God te loof en prys vir Sy goedheid. Ons is ernstig oor die tasbare teenwoordigheid van die Here, daarom doen ons baie moeite met ons musiek bediening. Om deel te wees van die bediening skakel gerus vir Ryna Ludik by 082 894 5050.


Mark 11:24 "Daarom sê ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit verkry. " Gebed is hoe ons met God kommunikeer, en ons is ernstig oor gebed. Shekinah het deur die jare gesien dat niks gebeur sonder gebed nie, daarom bid ons as n gemeente altyd saam.

Woensdae 05h00-06h00 Mannebiduur
Woensdae 10h00 - 11h00 Vrouebiduur
Saterdae 08h00 - 09h00 Intersessie
Sondae 08h30 - 09h00 Intersessie voor dienste

Ons het ook n intersessiegroep waar ons bid vir Ons land, dorp, kerk, regering en alle gebedsversoeke wat ons ontvang.


Siele wen is prioriteit nommer een vir Shekinah. Ons doen uitreike binne en om die Brits area. Shekinah het n tent wat +/- 450 mense kan sit, wat ons in areas opslaan om Kruistogte te hou. Om deel te wees van ons evangelisasie span kontak gerus vir Ps Henrdik by 084 459 4201.